Die man skuifel verder terug op die sypaadjie en probeer skuil tussen die laag-hangende takke vol blare van 'n groot boom. Hy wil na die musiek luister sonder om die ander mense te pla of om te krap. Nie dat daar eintlik veel van 'n skare is nie. Die mense wat wel daar is, staan al klaar redelik v ê r van hom af. 'n Lywige vrou in 'n rooi blommetjiesrok het hom juis netnou 'n verdoemende kyk oor haar ronde neus gegee. ''Mama, hoekom stink die oom so?'' ''Dis omdat hy te sleg is om te werk en te lui is om te was. Kom, my kind, kom ons staan liewer daardie kant toe.'' Hy verstaan goed hoekom mense so teenoor hom optree. Hy het dit self ook in die verlede gedoen want 'n boemelaar se klere en 'n boemelaar se lyf kom nie so gereeld by water en seep uit nie. Dis nie dat hy nie wil nie - hy het net nie gereelde toegang tot sulke geriewe nie. Die heilsle ër se orkes het lanklaas hier opgetree maar dis altyd lekker vir hom om...