Skip to main content

Wonderlik en Uniek: Sigrid Schmidt se Versameling van Vergete Afrikaanse Verhale

Sigrid Schmidt, gebore in Berlyn, Duitsland, het sowel Engelse asook Duitse taalwetenskap en letterkunde aan die Vrye Universiteit van Berlyn en in die VSA studeer. In 2014, het Kuiseb Uitgewer 'n besondere en unieke boek gedruk, versamel, geskryf en geredigeer deur Sigrid Schmidt naamlik Die Vere van die Duiwel: Vergete Ou Afrikaanse Sprokies opgediep in Namibie.

Die stories in hierdie boek het 'n unieke geskiedenis. Oor baie generasies heen is hulle getrou deur Nama en Damara-gesinne in Namibie oorvertel. As 'n internasionaal-gerekende navorser van volksverhale en die mondelinge vertelkuns, het Sigrid Schmidt uit haar eie honderde sprokies van die Nama en Damara tussen 1960 en 1997 op band opgeneem. Na indringende navorsing het sy bevind dat hierdie stories verbasend uit Europa kom maar nie uit boeke plaaslik oorgeneem is nie. Baie van die sprokie-motiewe kom ooreen met die in Franse sprokies. Waarskynlik het hulle in die agtiende eeu mondelings na die Kaap verhuis, saam met Hugenoot-gesinne, waar hulle dan aangepas was by die Afrika-omgewing en die eiendom van verskeie plaaslike bevolkingsgroepe geword het. In die negentiende eeu het die Oorlam-Nama hulle na SWA/Namibie gebring.

In Suid-Afrika is hierdie verhale lankal reeds vergeet maar die Nama en Damara van Namibie het hulle bewaar in Khoekhoegowab. Van die vroue en mans wat hulle aan Sigrid Schmidt vertel het, leef byna niemand meer nie, en hul kinders ken die stories nie meer nie. Hierdie versameling verhale word dus beskou as 'n belangrike bydrae tot die erfenis van sowel die afstammelinge van Europeers wie na Afrika verhuis het, asook Nama en Damara storie-vertellers.

In die inleiding tot die boek, vertel sy: '...James Alexander, die Skotse weermag beampte wie in 1837 begin het om die onbekende wereld noord van die Oranjerivier te verken waar min wit mense gegaan het, het geskryf dat 'n groep Namas 'n paar dae later aan die ander kant van die rivier by hom aangesluit het en sy verkenning van die omgewing verlewendig het met verhale wat die Nama in die aand om die vuur vertel het. Hierdie verhale is die heel eerste optekening van Nama verhale. Die heel eerste verhaal is egter die bekende storie van Jakkals en Wolf wat doodspeel voor 'n vervoerwa. Dit is die welbekende en gewilde Reynard-verhaal oorspronklik vanuit wes, sentraal en oos Europa, en hier in die Nama weergawe vervoer die wa (in die droog, warm klimaat van die suide van Namibie) selfs vis soos in baie Europese weergawes van die verhaal! Hoe kon ek hierdie raaisel verklaar?...'  

Die Vere van die Duiwel: Vergete Ou Afrikaanse Sprokies opgediep in Namibie saamgestel deur Sigrid Schmidt is beskikbaar by Book Buddy Namibia +264 61 302 711 / bookbuddynamibia@gmail.com vir slegs N$ 140.00.

Comments

Popular posts from this blog

Children's Story: The Crocodile's Roll (Aboriginal Folklore from Australia)

The oldest human genome outside Africa can be found in the Aborigines of Australia. Scholars estimate that the ancestors of modern Aborigines migrated from Africa more than 70 000 years ago after the earliest human remains discovered in Australia were dated and found to be approximately 50 000 years old. Aboriginal tribes in Australia, similar to African nations, are very different from each other in terms of genetics, customs, cultures and languages. These tribes had evolved into separate and distinct social groups (or, nations to be precise) in isolation for thousands of years so that by the time contact was first made with Europeans, 250 distinct languages were spoken on the Australian continent. European settlement caused a collapse in Aboriginal population sizes. Three years after the arrival of Europeans on the continent, a smallpox epidemic decimated healthy Aboriginal populations causing massive depopulation. The systematic massacre and genocide of Aborigines during colonia...

So, This is My Story by Theoline Strauss

''Many of you may think I'm doing this to draw attention to myself...so be it.'' When I was a small child, about four or five years old, my uncle used to come to my grandmother's house with his friends to drink alcohol. One day, one of his friends took me into the kitchen, unzipped his pants, took out his ''thing'' and asked me if I knew what it was. I nodded my head because, obviously, I wasn't a baby anymore. He then lifted up my dress and tried to rape me, there, in the kitchen, at the sink. Fortunately, my great-grandmother, who walked with great difficulty, moved from her own into my grandmother's bedroom, he heard her moving about the house, and stopped. He fastened his pants and instructed me not to tell anyone... A year after that incident, a family friend who had stayed for a while with my parents, came to stay at my grandmother's, where I lived. As a small child, I was fascinated by his hair; he had the most beautiful...

NEW ARRIVALS @ BOOK BUDDY - Week 24 April 2017

Puss in Boots Classic Fairy Tales N$ 60 Join the clever, crafty Puss as he adventures around the countryside making a fortune for his master, the Marquis of Carabas. But will Puss be able to conquer the cruel ogre and win the princess' hand, or will the ogre squash him flat? The Classic Fairy Tales series of picture books has been adapted from traditional stories for a contemporary audience and features stunning illustrations from innovative artists.  The Very Hungry Caterpillar Eric Carle N$ 160 Eric Carle's classic and 2016 worldwide bestselling children's book, The Very Hungry Caterpillar in board-book format. With its vivid and colourful collage illustrations, and its deceptively simple, hopeful story, this book has won over millions of readers. With its die-cut pages and finger-sized holes to explore, this is a richly satisfying book for children. Amelia Jane Gets into Trouble Enid Blyton N$ 120 Meet Amelia Jane. She...