My Eerste Diere maak deel uit van die prettige eerste
woord-en-prenteboek-reeks. Die peuter word aangemoedig om te praat en sy/haar
woordeskat met behulp van pragtige kleurfoto’s uit te brei.
My Eerste Kleure maak deel uit van die prettige eerste woord-en-prenteboek-reeks. Die peuter leer verskillende kleure ken en met behulp van pragtige kleurfoto’s te identifiseer.
My Eerste Woorde maak deel uit van die prettige eerste woord-en-prenteboek-reeks. Die peuter leer eenvoudige woorde ken en voorwerpe met behulp van pragtige kleurfoto’s te identifiseer.
Die oulikste volkleur hardeband boekies vir slegs N$ 90 elk.
Vir hierdie en nog meer heerlike boeke, besoek asseblief vir Book Buddy, buite-kantoortjie op Sister Namibia se werf (agter die wit Toyota bakkie), 163 Nelson Mandela Laan, Eros, Windhoek of stuur blitspos na bookbuddynamibia@gmail.com sou u buite Windhoek in enige van bogenoemde boeke belangstel of skakel +264 61 302 711 vir verdere inligting.
My Eerste Kleure maak deel uit van die prettige eerste woord-en-prenteboek-reeks. Die peuter leer verskillende kleure ken en met behulp van pragtige kleurfoto’s te identifiseer.
My Eerste Woorde maak deel uit van die prettige eerste woord-en-prenteboek-reeks. Die peuter leer eenvoudige woorde ken en voorwerpe met behulp van pragtige kleurfoto’s te identifiseer.
Die oulikste volkleur hardeband boekies vir slegs N$ 90 elk.
'n Hart Vol Sand
Anzil Kulsen
N$ 160
Die gramadoelas. Die gatkant van die wereld. Kepeke. Jenna het geen benul waar die Kalahari-dorpie sy naam vandaan kry nie, want die woord 'kepeke' beteken glo 'baie'. Hier is nie baie van enige iets nie, behalwe sand en klipperige grondpaaie. Hoe op aarde kon haar pa haar dwing om hierheen te trek? Sy mis haar vriende in Welkom en al die dinge wat hulle saam gedoen het. Maar kort voor lank kom Jenna agter dat daar baie meer in Kepeke se stil stofstrate aangaan as wat sy vermoed het. Sy ontmoet die aantreklike Richard wat haar maag vreemde draaie laat maak. En sy vind gevaarlike geheime uit...
Tussen Middernag en Dagbreek
Japie Bogaards
N$ 90
Marco Verkerk, die seun van Nederlandse immigrante, word as buitestander groot op 'n plattelandse dorpie waar sy pa 'n bakkery bedryf. Hy is ook 'n dwelmslaaf wat keer op keer rehab toe gaan, maar telkens weer terugval ten spyte van die ondersteuning van sy familie. Die vernietigende mag van dwelms word genadeloos uitgebeeld deur die aftakeling en verliese in Marco se reeds stukkende lewe en sy desperate soeke na verlossing. Hottie kom na jare uit die tronk vir sy aandeel in 'n gewapende roof. Hy het 'n pynlike geskiedenis van diskriminase en onreg teen hom. Dan is daar Sam, sy beskermengel in die tronk, wat die doodstraf gekry het na 'n plaasmoord mar nou op parool vrygelaat word. Wraak en haat is die adrenalien waarop Sam leef en hy is vasberade om Hottie saam met hom die hel in te sleep. Een verskriklike nag word hierdie mense se lewens verstrengel in 'n orgie van bloed en geweld. Dit word 'n nag van katarsis vir Sam, Hottie en Marco.
Klawerjas Gedigte
Adam Small
N$ 215
'Hierdie poesie - met my soort rym, en ook vrye verse - stuur weg van platvloersheid dog is terselfdertyd vir gewoon-intelligente mense en wil nie vertoon van geleerdheid en hoogdrawendheid wees nie. Om poesie te waardeer is soos om wyn te proe: geniet net die woorde, die sinne, die sentimente, die gedagtes, die opgaaf van herinneringe - meestal val dit alles soos manna uit die hemel op die digter se papier neer. Aangesien daar erotiese verse in hierdie bundel voorkom, is dit nodig om daarop te let dat daar 'n groot verskil is tussen 'n erotiese gedig en 'n pornografiese vers - 'n verskil wat party digters nie skyn te eerbiedig nie.'
Mafikeng Pad
Herman Charles Bosman
N$ 120
'Dit is nie die storie wat saak maak nie. Wat saak maak, is die manier waarop jy dit vertel. Die belangrike ding is om te weet presies wanneer jy jou pyp op jou velskoen moet uitklop, en op watter tydstip van die storie jy oor die skoolkomitee op Drogevlei moet begin praat.' Herman Charles Bosman se baasstorieverteller, Oom Schalk Lourens, sit reg op sy riempiesbank om jou te trakteer op tydlose verhale soos Willem Prinsloo se Perskebrandewyn, Die Musiekmaker, In die Withaak se Skadu en al die ander stories wat Bosman as Suid-Afrika se gunsteling skrywer gevestig het - hier volledig herstel uit die oorspronklike bronne. Die bekroonde en geliefde Fred Mouton se kenmerkende tekeninge dra verder by tot die lekkerte, en plaas jou as't ware langs Oom Schalk op die stoep.
Valsrivier
Dominique Botha
N$ 150
'Moed word nie normaalweg gereken as 'n literere kenmerk nie. Hierdie bildungsroman is egter 'n veelseggende lofbetuiging aan dapperheid, grasie en selfs elegansie. En skoonheid. Gewortel in die aarde, deurtrek van die ou-ou wyses waarop mense oorlewe. En hoe geliefdes tot sterwe kom. Die roman vergestalt in 'n taal van teksture 'n gebied van vertroudheid en verraad, van pronk en egtheid en trots - waar vals riviere net so polsend vloei as geheue se geheime. Dominique Botha betree met hierdie ontplooiing van haar vakmanskap haar volwaardige plek in die geledere van daardie lewendes en oorledenes wat ons fatsoeneer deur die storievertelkuns.' - Breyten Breytenbach
Misverstand
Marita van der Vyver
N$ 240
Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om 'n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine - miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink 'n swartgallige Willem. Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder 'n skuilnaam skryf wat hom na Frankryk gebring het. Terug na ddie stad waar een van sy drie gewese vroue saam met sy oudste seun woon, 'n jong man wat sy pa skaars ken. Vir Willem is Parys nie juis die stad van liefde nie, maar dit is hier waar hy vir Jackie ontmoet, 'n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is ook sy wat saam met hom is die Vrydagaand, die dertiende, toe terreur in Parys losbars. Misverstand is die dertiende roman van een van Suid-Afrika se gunsteling skryfsters. 'n Roman oor die ontnugtering van die middeljare, die lewe se onweerswolke wat dikwels dreig, en oor bande tussen mense wat beskut.
Soettand
Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker
N$ 210
Die eerlike en onopgesmukte kos van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, uit die hartjie van Bonteheuwel op die Kaapse Vlakte, het Suid-Afrikaners geheel en al betower. Dit sal ook u kuwe laat water. Suid-Afrika se gunsteling tannies, Koelsoem en Flor, is terug met hul tweede boek, Soettand. In hierdie boek deel hulle poedings en soetgebak wat dekades lank al familiegunstelinge is, soos Ouma Rose se doekpoeding, tapiokapoeding, lemoenkoekies, saboeras, Yuwin se waatlemoenysies, broodpoeding met 'n verskil, Hertzoggies en die berugte Tweegevrietjies. Vir hierdie en nog meer heerlike boeke, besoek asseblief vir Book Buddy, buite-kantoortjie op Sister Namibia se werf (agter die wit Toyota bakkie), 163 Nelson Mandela Laan, Eros, Windhoek of stuur blitspos na bookbuddynamibia@gmail.com sou u buite Windhoek in enige van bogenoemde boeke belangstel of skakel +264 61 302 711 vir verdere inligting.
Comments
Post a Comment