Skip to main content

Posts

Showing posts from February, 2018

Galbraak: Ons Siek Kultuur van Condonement deur Weirdo Heks

Afrikaans is my moedertaal en my skryfstyl is 100% loslit met die verengelse weergawe daarvan omdat geen ander taal tog ooit kan kompeteer met van ons segoed nie. Vat nou maar my oorle ouma se favourite segding: ''Jy soek ook heeltyd net die binnevet van die boud.'' Vir die oningeligtes, ons praat nou hier van die Ingelse benefit of the doubt . Ek lag my nounag nat daaroor, maar daai is 'n storie vir 'n ander dag wanneer ek julle die staaltjie van die Die Hartebreker van Keidebees sal vertel.  Vandag wil ek eers galbraak oor die naarmaak kultuur van condonement , of te wel kwytskelding, in ons bruin gemeenskappe. Op hierdie manier leer ken julle my, Weirdo Heks van Stofbesemlaagte, in al my gawes en glorie.  Sit en chat ek die annerdag te heerlik met my hoof-heksebrouer, Bekende Gesie, oor alles en nog wat, toe die gesprek in die rigting van ons kinderjare dwaal. Die Basters van Rehoboth en die Coloureds van Gobabis gaan my hierna dalkies wil stenig, but