Skip to main content

Galbraak: Ons Siek Kultuur van Condonement deur Weirdo Heks

Afrikaans is my moedertaal en my skryfstyl is 100% loslit met die verengelse weergawe daarvan omdat geen ander taal tog ooit kan kompeteer met van ons segoed nie. Vat nou maar my oorle ouma se favourite segding: ''Jy soek ook heeltyd net die binnevet van die boud.'' Vir die oningeligtes, ons praat nou hier van die Ingelse benefit of the doubt. Ek lag my nounag nat daaroor, maar daai is 'n storie vir 'n ander dag wanneer ek julle die staaltjie van die Die Hartebreker van Keidebees sal vertel. 

Vandag wil ek eers galbraak oor die naarmaak kultuur van condonement, of te wel kwytskelding, in ons bruin gemeenskappe. Op hierdie manier leer ken julle my, Weirdo Heks van Stofbesemlaagte, in al my gawes en glorie. 

Sit en chat ek die annerdag te heerlik met my hoof-heksebrouer, Bekende Gesie, oor alles en nog wat, toe die gesprek in die rigting van ons kinderjare dwaal. Die Basters van Rehoboth en die Coloureds van Gobabis gaan my hierna dalkies wil stenig, but so flippen be it. Daar issie meer tyd vir verskonings en regverdigings nie. Hierdie goed, eerlike uitlatings oor ons Coloureds en Basters, als die naakte waarheid, moet 'n slag gepraat word, no holds barred. Dis 'n sieklike en arrogante patroon wat homself genadeloos deur die generasies herhaal, en die oorsaak is van amper alles wat vandag verkeerd loop en beslis onverskoonbaar is. Ek seg weer, hierdie goed moet gepraat word, in fact, moet van die dakke af gegil word sodat dinge begin verander. 

Nou is die vraag seker waaroor is ek so duidelik die moer in? En glo my, ek is diep die herrie in, so fokken bosbefok, jy kan met my toor. 

Rehoboth in Basterland, maar nie my land want ek is 'n kanaalaap wat eventually wortel geskiet het in Nossobville, Gobabis. Rehoboth is egter my hoof-heksebrouer se hier-het-ek-wortel-geskiet-maar amper-gevrek-van-die-hitte teerpunt. Die dorp is die sprekende voorbeeld van hoekom lyfstraf in ons skole verban is en verewig moet verban bly. Onderwysers wat met kinders vertrou was het walglike kak (met hoofletters) aangejaag wat doodeenvoudig toegesmeer was. 

Bekende Gesie moes telkemale aanskou hoe haar klasmaats en ander skoliere woordelings afgekraak, liederlik gevloek, beledig en fiskiek aangerand was. Operasie wurg, met stoele gooi, met die vuis bydam galore! Skooldogters wat oor klasbanke moes buk om loesings te ontvang terwyl die sexy nuwe Kaapse meneer sy hand teen hul rompe laat afgly om te voel of hulle panties dra, uit pure perverse moedswilligheid, en dit voor die res vannie klas. Die skoolhoof van een van die prestige skole innie dorp doen egter sweet fuckall niks aan klagtes want klein standerd ses meisies is mos glo ougat en spils. Wat jy fokken waar kry? Dis wat ek die psigopatiese sot sou vra sou ek ooit die geleentheid kry. My bloed kook sommer. 

Dis sogenaamde leiers soos daardie wat sommer geklap moet word laat die snot soos 'n toom om hul koppe moet swaai. Maar nee, dis mos nou gewoonlik die tipe wat in ons gemeenskappe opgehemel word want hy is mos nie net 'n onderwyser nie, hy is ook 'n skoolhoof. Die misbaksel, of soos oorle Ouma sou geseg het, die hoerjaarmaaksel. Toe 'n leerling durf kla oor 'n onderwyser wat 'n klasmaat met 'n stoel gegooi het, besluit Meneer Skoolhoof sommer om 'n voorbeeld van haar te maak. In plaas daarvan om die geweldadige onderwyser te dissiplineer, dreig Meneer Skoolhoof liewer die leerling voor die hele klas en die onderwyser dat as sy dit ooit weer waag om 'n onderwyser by hom te kom kla, hy haar met 'n baksteen deur die gevreet sal moer. Want, wie de fok dink sy, bogkind en nog vroulik daarby, is sy?! 

Kan mens eens vandag 'n stukkie van die magteloosheid, vrees en frustrasie van daai arme kinners verstaan en hoe weerloos hulle moes voel? Want dalk, meestal, nie net tuis nie maar ook in die skole, word perverse en abusive gedrag en mishandeling weggepraat, goedgekeur en onder die vuil mat ingevee. Stilswye word afgedwing met intimidasie, manipulasie en blatante vrees. Kan jy jou die sielkundige knou indink wat daai arme standerd ses dogtertjies weghet?  Is dit hul skuld dat hulle deur 'n pervert staan en bevoel was? Ek wil sommer kots. En tog is ons verbaas dat ons gemeenskappe (minderheid wat ons is, 'n mengelmoes van swart en wit) sulke fokkops is. Is dit nie dalk omdat ons die bejeezus uit ernstige issues fokken condone nie? 

En so lei my galbraak sessie na Gobabis, drinkplek van die olifante, se bruin woonbuurt, Nossobville. Dis wragtag net die Here se genade dat ek daar oorleef het en heel annerkant uitgekom het. Ek het nou wel nie die klas aanrandings in klaskamers beleef waarvan Bekende Gesie 'n oordosis gekry het nie maar ai, daar is nie eens woorde nie. Die beste wat ek kan doen is om vyf voorbeelde te verskaf. Ek moet erken ek het menige dae gewonder of daar dalk iets fout met my was want hoekom het net ek vrae en bekommernisse gehad oor wat in my gemeenskap aan die gang was?

Nommer een: ek word groot in 'n huis waar dit elke liewe naweek, en deur die week soms, 'n gesuip uit 'n ander wereld was, 'n oorstroming van dronklappe, my ouers al die pad te far gone om die fights vir my virtue agter te kom want al wat oom of manlike onderwyser sien my klaarblyklik aan vir 'n Cindy Crawford, wat ek tot vandag toe nie kan kleinkry en verstaan nie want ek was letterlik net vel en been. 'n Tingerige vyf- tot tien-jarige vaalwit muis maar tog een met 'n ruggraat wat 99% van daai dreksels mooi vertel het wat hulle met hul verrimpelde en verouderde kwaadstokke moet gaan doen. Hoe vertel jy, Afrikaanse onderwyser by 'n plaaslike skool, met 'n vrou en twee kinders, vir 'n kind van sewe jaar dat julle twee, jy en sy nou, mooi groen-oog babas sal maak as sy net wil saamspeel? Aarde!

Nommer twee: julle wonner seker oor die 99%? Wel, ek het my bes probeer maar die slang in my eie ouerhuis kon ek nie kop-af kap nie. My oom wat by ons getuis het het my vir jare gemolesteer en toe ek eventually die dag my ouers vertel moes ek hoor: ''Sulke dinge gebeur...jy moet net sterk wees.'' Halloooo?! Hoe gese? Kultuur van condonement. En soos altyd, die strepie onder die woorde, wat as ''die mense'' hiervan uitvind? 

Nommer drie is dat ek aan die concept van respek vir vroue eers laat in my lewe blootgestel was. Die tannies wat ek geken het, ma inkluis, was gedurig aangerand, gevloek en verneder, soms sommer kaal in die straat uitgetrek, of met die pistool gejaag, skote tussen die bene deur. Of, hulle word met die warm vleisrooster gebliksem, met 'n houtstomp oor die kop gemoker, baie kere in die teenwoordigheid van polisiemanne, wat ook niks daaraan gedoen het nie want hul vroue het self so deurgeloop.  

Nommer vier was 'n geval wat my altyd sal bybly. Die vrou van 'n kennis het haar man met twee laerskoolkinners in die bed betrap en toe sy daaroor skel, eindig sy op pimpel en pers in die hospitaal, amper onherkenbaar, weke lank afgeboek met 'n gebreekte kakebeen en ribbes. Erger nog, die twee laerskoolkinners het saam help slaan want, en dit gaan my verstand te bowe, dis hul man en hulle is mooier, jonger and sexier as sy. Wat my geskok het is dat die gemeenskap daaroor geskinner en gelag het! Kom draai nog 'n Sondag, was almal in die kerk, godsmense nou, die een wou 'n beter diaken of broeder of suster of pastoor gewees het as die ander sonder 'n sweempie van 'n skaam gedagte oor hul optrede en gedrag. 

Nommer vyf in Nossobville was die skokkende feit dat onderwysers met hordes skoolkinners links en regs geslaap het en dat die kinners verkeerdelik gedink het dat hulle in verhoudings was met hierdie volwassenes, getroude en ongetroude mans. Die ongelukkiges het swanger geword en nooit weer skool toe gekom nie. 'n Veertien-jarige was verkrag en die mondige oortreder loop en spog teenoor almal dat hy haar ''v'' gevat het. 'n Paar maande later was die twee glo in 'n ''liefdevolle'' verhouding. Weereens doen die gemeenskap absoluut niks behalwe skinner en lag daaroor. Daar was geen gevolge vir verkragters, mishandelaars en pedofiele nie, net ooglopende wetteloosheid, want daar heers 'n onverklaarbare siek kultuur van condonement

Nou, die Ingelse woord condonement vir my beteken min of meer dieselfde as kwytskelding in Afrikaans; dis net dat die Ingelse woord die snare beter trek en die betekenis dieper inslaan. Die woorde kan skaars dien as vertalings van mekaar maar dit daar gelos, Sodom en Gomora se fokken moer. By hierdie klas gemors wat ek gesien en ervaar het kan nie kers vasgehou word nie. Ek weet vandag bo alle twyfel en na 'n lang reis baie ver weg van Nossobville dat daar niks met my fout was as kind nie. Daar was, en is, groot fout met my gemeenskap. 

Ons kultuur kort dringend nadenking, gesprek en verandering, en dit moet met ons begin. Hou op met wegsteek, regverdig en verskoon. Sien en erken dit wat verkeerd is, doen dinge anders, vertoon leierskap en gryp in en tree op wanneer dit moet. Geen kwytskelding moet meer geduld word anders sit daar dalk 'n honderd jaar van nou af 'n ander heks wat, tevergeefs, galbraak oor hierdie selle flippen issues...

Cheers vir eers. 


Hierdie geskrewe is ingestuur onder 'n skuilnaam. Sou u terugvoering wil gee of 'n opmerking wil maak vir die aandag van die skryfster, is u welkom om 'n epos te stuur aan bookbuddynamibia@gmail.com of, sommer net iets hier onder die artikel te skryf.  

Comments

Popular posts from this blog

Children's Story: The Sleepy Owl (Zulu Folklore)

Zulu-speaking people ( Amazulu ) belong to one of the largest cultural and linguistic groups in southern Africa. There are an estimated 12,5 million Zulu-speakers currently thriving in South Africa, Lesotho, Zimbabwe, Swaziland, Malawi, Botswana and Mocambique with the largest concentration of people in South Africa (approximately 10,5 million). The word iZulu means 'heaven' and the word zulu means 'rain', if translated into English (Amazulu means 'rain people'). The  Amazulu is not a homogenous group of people and consists of different clans who had settled in the mountainous and hilly rural areas of northern KwaZulu-Natal in South Africa. This cultural and linguistic group is patrilineal and had migrated in a southerly direction along the eastern coast of Africa from the 9th century onward. According to notable archaeological finds, they initially came from an area in modern Cameroon. The largest of these clans was established by Zulu kaMalandela around 170

Poem: I Am An African by Professor Wayne Visser

I Am An African I am an African Not because I was born there But because my heart beats with Africa's I am an African Not because my skin is black  But because my mind is engaged by Africa I am an African Not because I live on its soil But because my soul is at home in Africa When Africa weeps for her children My cheeks are stained with tears When Africa honours her elders My head is bowed in respect When Africa mourns for her victims My hands are joined in prayer When Africa celebrates her triumphs My feet are alive with dancing I am an African For her blue skies take my breath away And my hope for the future is bright I am an African For her people greet me as family And teach me the meaning of community I am an African For her wildness quenches my spirit And brings me closer to the source of life When the music of Africa beats in the wind My blood pulses to its rhythm And I become the essence of sound When the

Book Review: Being Chris Hani's Daughter by Lindiwe Hani and Melinda Ferguson

'I guess the best place to start a story is at the beginning. My name is Lindiwe Hani. I was born on 27 December 1980 to Limpho and Martin Thembisile Hani. My father was also known as Chris. My parents named me Lindiwe, which in isiXhosa means ''the daughter we have waited for''. In that year, a leap year, the world's population sat at 4 434 682 000, the Voyager 1 space probe confirmed the existence of a moon of Saturn that was to be named Janus (or Janusz) - how's that for prophetic - and Robert Mugabe was elected president of Zimbabwe.'  It took me a day and some to get over reading Lindiwe Hani's autobiography, Being Chris Hani's Daughter , because I desperately wanted to hang on to the fuzzy feeling of being a confidant to its brave author that developed as I read the book. This is precisely why some biographies are pure magic. They take the reader behind the scenes of major socio-political events and in the process, create a sense of t