Skip to main content

'n Resensie van Vuilspel deur Bettina Wyngaard - Andre Izaaks

Vuilspel is 'n kontemporêre roman en beeld uit die kwessies rondom geweldsmisdaad, die gemeenskap se standpunt teenoor minderheidsgroepe soos die LGBTQ-gemeenskap, en 'n tipiese polisie-ondersoekeenheid in 'n tipiese Suid-Afrikaanse voorstad. 

Die openingsparagraaf van Wyngaard se misdaadroman neem die leser reguit na die moordtoneel. 'n Wrede ontnugtering wag egter op die ondersoekbeampte, Kaptein Nicola ''Nicci'' de Wee; die slagoffer is 'n geliefde vriendin en dit raak spoedig haar taak om die moordenaars op te spoor en aan die kaak te stel. Vir Nicci, op die koop toe bruin en lesbies, is dit geen eenvoudige taak nie. Uitgelewer aan al die elemente wat polisiewerk in hedendaagse Suid-Afrika beduiwel - regstellende aksie, lae moraal in die polisiemag en apatiese gemeenskappe - moet sy boonop 'n skouer aan die geliefdes van die vermoorde Thandi bied. 

Die verhoudings en verbande tussen die karakters is, myns insiens, bykans ongeëwenaard in die Afrikaanse letterkuns. Nicci is verlief op Sally, 'n vroulike Anglikaanse priester wat sy in 'n gay nagklub ontmoet het, en sy is onseker of die gevoel wedersyds is. Thandi, die slagoffer, is van !Xhosa-herkoms en was in 'n saamwoon-verhouding met Jet, 'n meisie van kreoolse herkoms. Albei Thandi en Jet se ouers het aanvanklik hul dogters se voorkeure met afsin bejeën, maar het mettertyd hul vooroordeel in 'n mate oorkom. Nicci se kollegas is Blackie Swart, 'n speurder met 'n bloedhond reputasie en 'n ongelukkige slagoffer van regstellende aksie, en Peters, haar bewonderaar wat salig daarvan onbewus is van die onmoontlikheid van sy romantiese versugting. 

Die daaglikse gebeure skets die desperaatheid van die speurspan om die misdadigers vas te trek. Die aksie in die boek is vinnig en lewer 'n gesonde kwota bloed en binnegoed op. Onder druk van die alomteenwoordige media en 'n kolonel met die ''menseverhoudinge van 'n Eveready-battery'' word Nicci en haar span tot hul uiterste gedryf. 

Die roman raak vlugtig aan aktuele kwessies soos die skynbare wetteloosheid waaronder Suid-Afrikaners gebuk moet gaan: ''Daar is 'n bandeloosheid in almal. Dan kom die manne wat vir ons 'n voorbeeld moet stel en maak dit af as politieke komplotte wanneer iemand oor hul wandade praat.'' (bl. 129). Gegewe omstandighede het natuurlik 'n negatiewe uitwerking op die polisiemag, en tesame met gereelde voorvalle van aanranding, laat dit die dienders met 'n ewigdurende hunkering na 'n kroegsessie by die polisieklub. 

'n Herhalende tema in die roman is dié van geweldadigheid en dit word wreed vergestalt deur die onstellende voorvalle van regstellende-verkragting (Engels ''corrective rape'') van lesbiese vroue. Wyngaard spaar ons, genadiglik, die grusame besonderhede maar die feit dat albei gevalle in die boek groepsverkragting is, skakel dit byna uit. Ewe ontstellend is die apatiese, traak-my-nie-agtige houding van die gemeenskappe waar skokkende voorvalle van geweld alledaags geword het. Gevoelloos gelaat deur sinnelose geweld, of dalk bang vir vergelding, verkies die deursnee inwoner van die lokasie meestal om anderpad te kyk as om saam met die polisie te werk. Ook word die polisie wantrou, wat op sy beurt aanleiding gee tot die boendoe-gereg teregstelling waarmee die roman dan afsluit. 

Die aksie in die roman is gesentreerd rondom die pogings van die polisie om die moordenaars van Thandi en Ntombi te vang wat nie veel ruimte laat vir karakterontwikkeling nie. Die uiteenlopende geaardhede van die karakters vergoed egter vir hierdie ooglopende tekort omdat hulle so deeglik verteenwoordigend is van die breë Suid-Afrikaanse samelewing. 

Die verhaal is kronologies geskryf en maklik om te volg. Dit laat die leser, wat vertroud is met die sosiale probleme van die hedendaagse Suid-Afrika, met vele stof tot nadenke. 

Bettina Wyngaard het hierdie roman opgevolg met ''Slaafs'' (PenguinRandomHouse Suid-Afrika, 2016), ook met Kaptein Nicci de Wee as hoofkarakter. Bettina Wyngaard se boeke is beskikbaar by Book Buddy te Liliencron straat in Eros, Windhoek. 

Hierdie resensie was geskryf deur skrywer en digter, Andre Izaaks van Mariental, in die suide van Namibië

Comments

Popular posts from this blog

Children's Story: The Crocodile's Roll (Aboriginal Folklore from Australia)

The oldest human genome outside Africa can be found in the Aborigines of Australia. Scholars estimate that the ancestors of modern Aborigines migrated from Africa more than 70 000 years ago after the earliest human remains discovered in Australia were dated and found to be approximately 50 000 years old. Aboriginal tribes in Australia, similar to African nations, are very different from each other in terms of genetics, customs, cultures and languages. These tribes had evolved into separate and distinct social groups (or, nations to be precise) in isolation for thousands of years so that by the time contact was first made with Europeans, 250 distinct languages were spoken on the Australian continent. European settlement caused a collapse in Aboriginal population sizes. Three years after the arrival of Europeans on the continent, a smallpox epidemic decimated healthy Aboriginal populations causing massive depopulation. The systematic massacre and genocide of Aborigines during colonia...

Poem: I Am An African by Professor Wayne Visser

I Am An African I am an African Not because I was born there But because my heart beats with Africa's I am an African Not because my skin is black  But because my mind is engaged by Africa I am an African Not because I live on its soil But because my soul is at home in Africa When Africa weeps for her children My cheeks are stained with tears When Africa honours her elders My head is bowed in respect When Africa mourns for her victims My hands are joined in prayer When Africa celebrates her triumphs My feet are alive with dancing I am an African For her blue skies take my breath away And my hope for the future is bright I am an African For her people greet me as family And teach me the meaning of community I am an African For her wildness quenches my spirit And brings me closer to the source of life When the music of Africa beats in the wind My blood pulses to its rhythm And I become the essence of sound When the ...

So, This is My Story by Theoline Strauss

''Many of you may think I'm doing this to draw attention to myself...so be it.'' When I was a small child, about four or five years old, my uncle used to come to my grandmother's house with his friends to drink alcohol. One day, one of his friends took me into the kitchen, unzipped his pants, took out his ''thing'' and asked me if I knew what it was. I nodded my head because, obviously, I wasn't a baby anymore. He then lifted up my dress and tried to rape me, there, in the kitchen, at the sink. Fortunately, my great-grandmother, who walked with great difficulty, moved from her own into my grandmother's bedroom, he heard her moving about the house, and stopped. He fastened his pants and instructed me not to tell anyone... A year after that incident, a family friend who had stayed for a while with my parents, came to stay at my grandmother's, where I lived. As a small child, I was fascinated by his hair; he had the most beautiful...